Word fiks in
gehoorsaamheid aan die Here
1 Timoteus 4:6-16 (Kern 1 Tim
4:7b en 12b)
|
LITURGIE
BY DIE OGGENDDIENS ONTMOETINGSDIENS Votum en
groetseën Lofsang:
Ps 90:1,9 Geloofsbelydenis VEROOTMOEDIGING-
EN VERSOENINGSDIENS Wet: Ps.
119:7,11 WOORDDIENS Gebed Sb 43:4,5 Skriflesing
en prediking ANTWOORDDIENS Gebed Liefdegawe: Lofsang: Ps 18:14,15,20 Wegstuurseën. |
Skets
Oefening in
gehoorsaamheid aan God
Die woordjie
"oefen" in ons teks is die vertaling van ‘n Griekse woord wat ons ook
nog op ‘n ander manier in Afrikaans gebruik word. Dit is die woordjie
"gimnasium". ‘n Gimnasium is ‘n plek waar ‘n mens oefen. Net soos jy
jou liggaam moet fiks hou deur te oefen, moet fiks word in jou navolging van
God. Dit kan jy alleen deur geloofsoefening regkry.
Hoe om in
gehoorsaamheid aan God te oefen
Om te oefen
vereis dissipline. Ons oefen om in gehoorsaamheid aan God te leef deur die
volgende dissipline in ons lewe toe te pas: Deur daarop te fokus om ‘n
gelowige voorbeeld te wees in woord, daad, liefde, geloof en reinheid (kyk
hier na die sinnetjie in die Verklarende Bybel).
Preek
Geliefdes in
ons Here Jesus Christus
Om ‘n marathon
goed te kan hardloop, moet ‘n mens fiks wees.
Ja, om fiks te
word verg dissipline!
Min van ons wat
vanoggend hier is, is langafstandatlete. Maar, Broer en Suster, elkeen van ons
wat vanoggend hier is, is self ook besig om ‘n wedloop te hardloop. Ons is
besig om die wedloop van die geloof te hardloop. Roep maar gerus die woorde van
Hebreërs 12:1-2 in jou gedagtes op: Terwyl ons dan so ‘n groot skare
geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde
wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met
volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die
geloof.
Elkeen van ons
is besig om hierdie wedloop te hardloop. En om hierdie wedloop suksesvol en
goed te kan hardloop, moet ons fiks wees. Daarom dat Paulus in ons teks (1 Tim
4:7) skryf: Oefen jou liewer om in toewyding an God te lewe.
Hoor jy die
sinsnede wat wys op die voorbereiding vir hierdie geloofswedloop? Dit is die
woorde
Oefen jou om in toewyding aan God te lewe
Geliefdes, om
die wedloop van die geloof te hardloop is nie vanselfsprekend nie.
Ons moet oefen
om hierdie wedloop te kan hardloop.
Anders gesê, om
in gehoorsaamheid aan die Here te kan leef, om te kan leef soos ‘n kind van
God, verg oefening en voorbereiding.
Die woordjie
"oefen" in ons teks, is die vertaling van die Griekse woord wat ons
ook nog op ‘n ander manier in Afrikaans gebruik. Dit is die woordjie "gimnasium".
Nou, ‘n
gimnasium is ‘n plek waar ‘n mens oefen om fiks te word. Ons praat so maklik in
ons taal van elke dag en sê: "Ek gaan gim." Daarmee bedoel jy:
"Ek gaan oefen." Op ‘n letterlike manier vertaal, sê Paulus in ons
teks: "Gim jou liewer om in toewyding aan God te lewe."
Broers en
Susters, is dit nie tyd dat ons nou ‘n belydenis en erkenning moet maak nie:
Ek is daarvan
oortuig dat meeste van ons reken dat om ‘n toewyding aan God te lewe ‘n
vanselfsprekende saak is. Ons dink dalk soos volg oor die saak: Ons dink dat
ons kinders van God is, en daarom leef ons nou vanself in gehoorsaamheid aan
Hom.
Watter
openbaring gee die Here dan nie vanoggend aan ons nie! Nee, om gehoorsaam in
toewyding aan Hom te lewe, is nie ‘n vanselfsprekende saak nie. Ons moet oefen
om die Here reg te dien!
Om fiks te word
vir ‘n wedloop, m.a.w. om doeltreffend te oefen vir ‘n gewone marathon, so het
ons in die begin gesê, stel sekere eise aan ‘n mens.
Het jy al
daaraan gedink dat om die wedloop van die geloof te hardloop, hierdie eise baie
dieselfde is:
Gemeente,
voordat julle sê die dominee praat in sirkels, kom ek noem hierdie dinge by die
naam:
Gemeente, ja,
om te oefen om in toewyding aan God te lewe, verg inspanning. Kom ons kyk nou
vervolgens na
waarna ons moet oplet om
in gehoorsaamheid aan God te kan oefen.
Anders gesê,
watter
oefeninge moet ons in hierdie plan en program doen om fiks te kan word?
Op hierdie
oefeninge wat ons moet doen, kry ons ‘n entjie verder in 1 Timoteus 4 lig. In
vers 12 staan daar: maar wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld in woord en
gedrag, in liefde, geloof en reinheid.
Lees ons
hierdie teks in die oorspronklike taal, kom daar ‘n klem na vore wat nie
presies in ons Afrikaanse vertalings weergegee is nie. ‘n Goeie vertaling van
hierdie teks sal ook wees: maar wees jy ‘n voorbeeld van gelowiges in woord,
gedrag, liefde, geloof en reinheid.
Het jy die
verskil in klem gehoor? Deur te oefen om in gehoorsaamheid aan God te lewe,
moet jy nie net vir ander gelowiges ‘n voorbeeld wees nie, jy moet vir alle
mense (gelowig en ongelowig) ‘n voorbeeld wees van hoe ‘n gelowige, ‘n kind van
God, behoort te lewe.
Ja, hiermee kom
‘n opdrag tot ons: In die wyse waarop ons lewe moet ons ‘n beeld van ‘n ware
gelowige (‘n beeld van Christus) wees.
Eerstens,
ons moet beeld van Christus wees in die wyse waarop ons praat
Ons moet oefen
om met ons woorde God te verheerlik. Ons moet oefen om met ons woorde die
evangelie van Christus uit te dra.
Geliefde,
Tweedens,
ons moet ook beeld van Christus wees in die wyse waarop ons ons gedra
Gemeente, hoe
groot is die aanklag van sekere heidene nie teen die Chistendom nie. Mahatma
Ghandi, daardie groot leier in Indië, het klaarblyklik oor die Christendom
gesê: Die boodskap van die Chistelike evangelie is wonderlik. Dit kan egter
nie waar wees nie, want die Christene leef dit nie uit nie!
Ons moet lewe,
ons moet werk, ons moet optree soos God van ons vra. Nie net by die kerk nie,
maar ook by die werk, by die huis, tussen vriende.
Derdens, as
beeld van ‘n ware gelowige moet ons verder oefen om in liefde, geloof en
reinheid te lewe
Geliefde, om in
Christelike liefde, om in geloof en om in reinheid te lewe, verg oefening.
Die enigste
manier om in liefde, geloof en reinheid te lewe is om liefde, geloof en
reinheid in te oefen:
Aanmoediging
Broer, Suster,
Mede-gelowige, sien jy hoekom dit noodsaaklik is om te oefen om in toewyding
aan God te lewe? Vanweë ons sondige geaardheid is ons onfiks in toewyding aan
God. Ons is onfiks, ons moet oefen.
Stel vir
jouself ‘n oefenprogram op om kennis van toewyding aan God op te doen. Gebruik
hiervoor die volgende gimnasium apparate:
En gaan oefen
dan
om ‘n voorbeeld
te wees van hoe ‘n gelowige moet optree.
So sal jy met
sukses die wedloop van die geloof hardloop, want hierdie oefening het volgens 1
Tim 4:8 groot waarde, want dit bevat ‘n belofte van lewe, vir nou en vir die
toekoms.
Ja, deur vir
die wedloop van die geloof te oefen, sal jy vir elke hindernis op die baan
gereed wees en sal jy gelowig enduit volhou en die wenstreep bereik. En agter
die wenstreep wag die oorwinnaarskroon vir jou, die lewe by God.
Geliefde, hoor
wat sê Paulus hoor aan Timoteus: Hierdie is ‘n betroubare woord en kan
sonder voorbehoud aanvaar word. Hierdie ís ‘n betroubare woord en kán
sonder voorbehoud aanvaar word!
AMEN
25/07/03 15:45:58